Vleuel Kobus van Wyk leef sy droom by die DHL-Westelike Provinsie in vanjaar se Absa Curriebeker-reeks.
Toe vanjaar se Superrugby-reeks afskop, was daar groot konsternasie in Kaapstad oor ‘n gebrek aan buiteagterspelers in die DHL-Stormers se groep.
Dit was egter nét die geleentheid om vir Kobus van Wyk aan groot rugby bloot te stel. Soos vele ander Kaapse rugbysterre, het hy die pad deur die WP se uitstekende Rugbyinstituut in Stellenbosch gestap.
Hy het óók die ervaring gehad van die Suid-Afrika O20-span se triomfantelike veldtog in 2012 se Junior Wêreldkampioenskap, toe die Jong Bokkies Nieu-Seeland met 22-16 op ‘n volgepakte Nuweland verslaan het.
“Dit was ‘n wonderlike ervaring en ek was gelukkig om daar uit te kom. Ek was aanvanklik beseer en dus nie beskikbaar vir die groep nie, maar iemand het seergekry en ek het toe deur die agterdeur in die beginspan ingeglip. Dit was nogal luuks!”
Van Wyk het op buitesenter begin en hy verkies inderdaad ook om in die middelveld te speel. Maar waarom kla as jy jou op vleuel bevind in ‘n Stormers-span propvol helde van jou kinderdae!
“Dit was yslik om saam met ouens soos Jean de Villiers te speel. Ek het groot geword met sulke ouens op televisie,” vertel Van Wyk.
“Ja, ek verkies om senter te speel, maar ek geniet die ervaring op die vleuel geweldig baie.”
Van Wyk blom inderdaad in die Nr 14-trui en het ‘n dodelike agterste driehoek met Cheslin Kolbe en Seabelo Senatla gevorm. Soveel so dat dit met ‘n seer hart sal wees indien Allister Coetzee hom mettertyd middelveld toe skuif.
“Ons is op én van die veld af goeie vriende,” vertel hy van die kombinasie met Kolbe en Senatla. “Ons kommunikeer goed en elkeen van ons geniet dit om die bal in die hand te hê.”
Van Wyk se twee drieë in die DHL-WP se onlangse sege van 27-14 oor die Goue Leeus was ‘n getuigskrif van die goeie verstandhouding en inderdaad ook die vordering wat hy gemaak het sedert hy dié seisoen in die Stormers-span afgeskop het.
“Die eerste drie het gekom van bewegings wat ons heel week geoefen het met Cheslin wat die bal vir my aangegee het toe ek na binne gesny het,” sê hy.
“Daar was ‘n bietjie geluk vir die tweede een. Ek dink Demetri (Catrakilis) het bedoel om die bal van ons kwartgebied af uit te skop, maar het dit swak getref. Ek het toe maar die bal uit die lug gepluk en deurgehardloop!”
Van Wyk moes nog die Leeus se heelagter, Andries Coetzee, aan sy binnekant klop op pad doellyn toe. Hy het dit op die oog af moeiteloos gedoen, maar dit was óók die produk van harde werk aan sy vaardighede buite gewone oefensessies.
Terwyl hy goeie rekenskap van homself gegee het in die Super-reeks, was dit ook ‘n taai leerskool.
Van Wyk het heel verstaanbaar by tye gesukkel wanneer die bal agter hom was en ‘n paar foute begaan. Hy het egter mettertyd aangepas en uiteindelik 10 wedstryde, waarvan nege in die beginspan, vir die DHL Stormers gespeel.
Hy kon dus op ‘n hoër vlak slyp vir die Curriebeker-reeks, waar hy uitblink.
“Dit was moeilik om dadelik sommer Super-rugby te speel, maar ek het die uitdaging omhels en hard geoefen. Die feit dat daar onderling ‘n baie lekker gevoel in die groep was het baie gehelp. Boonop het ek dadelik aanvaarding in die groep gekry,” sê Van Wyk.
In Van Wyk se are klop die blou-en-wit bloed van kinderjare af sterk. Hy was by Paarl Gimnasium aan skool en het ‘n klipgooi weg gewoon van die voormalige Stormers- en Springbok-senter Marius Joubert. By dié het hy as kind dikwels gaan kers opsteek.
“Marius was een van my groot helde toe ek ‘n seuntjie was. Ek het dikwels ná skool by hom gaan kuier en daar is nou ‘n getekende bal van hom by my huis,” sê Van Wyk.
Wat moderne helde betref, kyk Van Wyk veral op na Sonny Bill Williams, wat roem verwerf het vir die manier waarop hy die bal in kontak uitgee.
“Dis ‘n aspek van die spel waaraan ek baie hard werk. Williams het die spel ‘n nuwe dimensie gegee, want dis baie moeilik om te verdedig as iemand die bal só in kontak kan uitgee,” sê hy.
“Toe ek Williams die eerste keer gesien het, het ek vir my pa gesê dís ‘n ou teen wie ek graag sal wil speel.”
Intussen kan Van Wyk nie ‘n gelukkiger jong man wees in ‘n WP-trui nie.
“Ek wil vir ewig by die WP bly,” sê hy.
“Dit was van kleins af ‘n droom om hier te speel en dis ongelooflik dat dit nou bewaarheid word.”
iSiqalo sokukhanya kwe nkwenkwezi yeSpringboks
Xa ubukele uKobus van Wyk umzuzwana ufumana isiqinisekiso sokuba yinkwenkwezi yethu elandelayo yomculo.
Kodwa udumo lukaVan Wyk aluzi ngamculo, ledyongwana izoduma ngombhoxo emva koba ebonise ukudlala ngokuzimisela kwiCurrie Cup yalonyaka.
Akalibazisanga ngexesha nangethuba athe walinikwa ngumqeqeshi weStormers neWestern Province uAllister Coetzee kwiSuper Rugby yalonyaka, lo wakwa Van Wyk, wabethelela indawo yakhe kwiqela leStormers ngokudlala ngokuzimisela.
Le dyongwana isibonisile sonke apha emzantsi Afrika ikhono lakhe kwimidlalo emibini edlulileyo apho iWestern Province ibiqobisana neGolden Lions nazo iBlue Bulls ngokugqama ,edlala phaya ephikweni.
Ukudlala nentanga zakhe ezingoo Cheslin Kolbe noSeabelo Senatla nazo ezithe zawunyusa umgangatho womdlalo weqhela leWestern Province, kumncedile lowakwa Van Wyk.
uVan Wyk mkhulu, womelele, uyawisa kwaye uyathanda nokulala emgceni.
Unazo zonke izixhobo zokuphumelela nje ngephiko kwaye ungomnye wabadlali abaphuma lkwiqela leWestern Province ongapheliyo ematheni wabalandeli bombhoxo kweli.
Nokuba lo wakwa Van Wyk akakabi semgangathweni wamagqala, ukonyuka kwakhe ukusukela kumaqela asezantsi kubonisa ukuba bakhona abadlali abanintsi abanesakhono kwaye balinde amathuba okuba bazazise.
Nokuba asinaso isiqinisekiso sokuba lo wakwa Van Wyk uyakwazi ukucula, into esiqiniseke ngayo yilento yokuba uyakwazi noko ukudlala umbhoxo nje ngamaphiko amandulo eSpringboks.
iXhesha alilidanga phambi kokuba uVan Wyk abeliqhawe lase Newlands, kwaye sekuk’futshane uba angene kwiqela leSpringboks apho uVan Wyk eyakudlala nabalingani bakhe uKolbe noSenatla.
DHL Western Province Matchday Magazine