FEATURED

DHL WP en Vrystaat speel in Durbanville

PUBLISHED: April 24, 2012


Moenie die Vodacom wedstryd tussen die DHL Westelike Provinsie en Toyota Vrystaat by die Durbanville Rugbyklub misloop nie! Hierdie wedstryd is deel van ‘n rugbytoernooi wat aangebied word vanaf 26 – 28 April 2012 ten bate van die Masibambane sportprojek.

“Die Masibambane Sport Foundation (MSF) het die afgelope twee jaar soveel sukses behaal dat ons as rugbyspelers graag hul goeie werk wil ondersteun”, s Carel Steenkamp CA(SA), voorsitter van die Durbell Rugbyklub. Heelwat skole in die omgewing het nie genoeg fondse om leerlinge bloot te stel aan sportsoorte soos rugby nie. MSF gebruik sport as ‘n medium om die jeug van die Durbanville gemeenskap te bereik. Nie net kry jong spelers die geleentheid om professionele sportafrigting te ontvang deur voormalige provinsiale spelers nie, maar word hulle ook aangemoedig om noodsaaklike lewensvaardighede te ontwikkel binne-in hierdie veilige omgewing. Die invloed van MSF is veel groter as die ontwikkeling van sportvaardighede. Een van die spelers, ‘n hoërskool-seun, het onlangs aan ‘n afrigter erken dat hy betrokke was by dwelmmisbruik en dat MSF aan hom ‘n geleentheid gee om te ontsnap van die euwels binne-in sy gemeenskap. Daar is ook ‘n 5-jarige seun wat by elke oefening opgedaag het met die verskoning dat hy graag wil help. Volgens die ander spelers word beide sy ouers vermis. MSF gee aan hierdie 5-jarige ‘n veilige plek waar hy deel vorm van ‘n groep mense wat sy lewe positief benvloed. Hierdie seun tree tans op as spanbestuurder vir een van die MSF spanne. Ons het dringend fondse nodig om etes te verskaf aan spelers wat dikwels by oefeninge en wedstryde opdaag sonder enige iets om te eet of drink. Fondse wat ingesamel word tydens die rugbytoernooi gaan hiervoor aangewend word.

Die jaarlikse Nasionale Ou Manne-Rugbytoernooi vorm deel van die naweek se verrigtinge. Kom kyk hoe 400 van Suid-Afrika se meer ‘volwasse’ rugbyspelers mekaar die stryd aans op die rugbyveld vanaf 27 – 28 April. Wedstryde vind plaas vanaf 10:00 die oggend met die DHL Westelike Provinsie en Toyota Vrystaat spanne wat Saterdag om 15:30 sal uitdraf. Verskeie kunstenaars soos Christo en Cobus, beter bekend as die Broers, gaan ondersteuners tot laataand vermaak op die It-all-comes-together-with-a-Castle-verhoog. Maak ook ‘n draai by die Wellington Brandewyntent waar ‘n paar van ons plaaslike skoonhede groot pryse gaan weggee.

Die eerste 100 toeskouers sal Saterdag, 28 April 2012 ‘n gratis Castle of Brutal Fruit ontvang met komplimente van die Suid-Afrikaanse Brouerye.