FEATURED

Dade, nie woorde

PUBLISHED: October 26, 2014


Juan de Jongh het die DHL-Westelike Provinsie deur sy voorbeeld gelei in vanjaar se Absa Curriebeker-reeks.

Die eerste kwaliteit wat enige rugbyspeler van sy kaptein soek is dat hy deur sy dade en nie woorde nie lei.

Juan de Jongh pas perfek in daardie kategorie. Hy is dieselfde nederige mens as voor sy aanstelling en doen sy praatwerk op die veld met aftrappe, duikslae en drieë.

Kortliks: Sy aanstelling as kaptein vir vanjaar se Absa Curriebeker-reeks was “n meesterskuif deur die WP se afrigter, Allister Coetzee.

Soveel so dat “n mens jou wil verstout om te sê dat die 26-jarige De Jongh die potensiaal het om vorentoe nog die DHL-Stormers in die Super-reeks te lei.

“Ek het die uitdaging van kapteinskap die afgelope drie maande baie geniet. Daar was aanvanklik “n bietjie huiwerigheid, maar “n ou leer mettertyd hoe om die taak te benader,” het hy gesê.

“Ek raak nou baie gemakliker en moet sê dis fantasties om met hierdie ouens te werk. Hier is “n heerlike spangees en daar is baie ander leiers in die span wat my taak makliker maak. Dit gun my die ruimte om op my spel te kan fokus.”

Terwyl baie spelers “n insinking in hul spelpeil beleef wanneer hulle met die taak van kapteinskap opgesaal word, dra De Jongh nie swaar aan dié juk nie.

“Ek het besef dat ek verantwoordelike gaan bykry en dit was van kardinale belang dat my rugby op standaard bly. Jy kry agting by jou spanmaats as hulle sien hoe hard jy werk en iemand is wat gevolg kan word,” het hy gesê.

“Dit help nie jy is “n man van “n duisend woorde, maar kan nie daad by woord voeg nie. Ek werk steeds hard aan my spel en kan dit doen danksy die ondersteuning wat ek by my spanmaats en die bestuur kry.”

Behalwe vir sy ontwikkeling as speler, meen De Jongh die verantwoordelikheid van kapteinskap was vir hom as mens óók goed.

“Ek sit baie ure in om “n goeie begrip vir die spel te kry,”het hy gesê.

“In vroeër jare kon ek op ouens soos Jean de Villiers en Schalk Burger staatmaak om my te lei, maar die verantwoordelikheid rus best online casino nou op my skouers om jonger spelers touwys te maak.

“Ek berei baie goed voor vir wedstryde en het van die veld af ook meer volwasse geraak. Daar is baie positiewe dinge wat ek uit my ervaring van kapteinskap kan haal.”

De Jongh het ook genot geput uit die WP se klemverskuiwing na “n meer aanvallende speelstyl. ‘Ons speel vermaaklike rugby en ek geniet dit geweldig baie tussen spanmaats met wie dit lekker is om mee saam te speel. Dit bly egter belangrik om steeds struktuur te hê om seker te maak dat dit goed gaan op die veld,” het hy gesê.

Die WP se klem daarop om munt te slaan uit omkeerbesit en swak skopwerk deur teenstanders het boonop die beste uit gevaarmanne soos Cheslin Kolbe, Seabelo Senatla en Kobus van Wyk gehaal.

“Ons agterste driehoek het vanjaar baie goed gevaar,” het De Jongh gesê.

“Kobus beleef “n puik seisoen, Seabelo het baie goed gevaar met die min speelkans wat hy gehad het en Cheslin is absoluut fantasties op heelagter. Dis belangrik dat ons voorspelers en senters vir daardie agterste driehoek geleenthede skep.”

Dat die WP se senior, O21- én O19-spanne almal vandag in eindstryde speel, is vir De Jongh ook “n riem onder die hart.

“Dit sê baie oor WP Rugby en die strukture waardeur die jong manne vorder. Ons Rugbyinstituut in Stellenbosch lewer ongelooflik baie spelers op. Ek self het deur die strukture gekom. Nou is ek die ou man in die WP se agterlyn!” het hy gesê.

“Al die talentvolle jong manne in die strukture wys dat die toekoms blink is. Maar dis een ding om die eindstryde te haal en “n ander om bekers te wen. Ons móét ons hande op die trofeë kry.”

Vir manne wat vandag die unie groet, soos die stutte Pat Cilliers en Brok Harris, sal die wen van die Curriebeker uiteraard “n sprokieagtige manier wees om hul loopbane in die Moederstad af te sluit.

“Dis hartseer dat ons ná 12 weke saam as span nie weer almal op dieselfde tyd in “n spankamer gaan sit nie,” het De Jongh gesê.

“Die fokus is egter daarop om goed te speel en “n goeie herinnering te skep in ons laaste 80 minute saam. Ons sal dán Sondag afskeid neem. Alles gaan nou daaroor om oor die laaste hekkie te spring.”

Inkokheli yokwenene u Juan de Jongh

Inkokheli yokwenyani ikhokelela umkhosi wayo emfazweni ngokuzinikela iqisekisa impumelelo yomntu wonke.

Ukapteni weWestern Province uJuan deJongh yilenkokhelindithethayo ngayo leikhokele iqela layo lade layokufikelelakwiAbsa Currie Cup.

Akathethi kakhulu ke uDe Jongh kodwa usebenzise elixeshalide edlala apha ekhaya ukuqinisekisa ukuba iWesternProvince iyayibamba landebe yeCurrie Cup kwaye nokunokuvala umlomo wentshaba zakhe.

Ewe yena uwile kwiqela lelizwekodwa lonto akubonakaliingathi iyamhlupha noba ke indlala yona adlala ngayo isithingoyena no.13 ubalaseleyo kweli.

Ubukho ke buka DeJongh budlale indima ebalulekileyokakhulu ekufikeleleni kwabo kwi final kwaye nendlelaadlala ngayo incedile ukubuyisela iqela phambili nokuba sebebethwe kabini nje.

Uzinikele ke uDe Jongh ngoko ke ixesha lifikile lokuba anyukele phezulu naye ake aphakamisele phezulu eyonambasa ifunwayo embhoxweni.

DHL Western Province Matchday Magazine