FEATURED

Buksie met ambisie

PUBLISHED: August 25, 2014


Nic Groom glo genot hou die sleutel om die volgende vlak in vanjaar se Absa Curriebeker-reeks te bereik.

Dis altyd heerlik om vir Nic Groom onder vier oë te hê, want hy laat jou onder geen twyfel nie dat sy verwysingsraamwerk veel wyer as die rugbymilieu strek.

Behalwe dat hy hom nou as die DHL Westelike Provinsie se senior skrumskakel gevestig het, het hy onlangs ‘n Sosiale Wetenskappe-graad in Organisatoriese Sielkunde en Mediastudies by die Universiteit van Kaapstad (UK) voltooi.

Sy volgende akademiese doelwit is ‘n aanlyn bemarkingskursus wat deur GetSmarter aangebied en deur die UK onderskryf word. Slimmer word is ook eintlik die storie van Groom se spel vanjaar.

Sy taktiese skopwerk het met rasseskrede verbeter in vanjaar se Vodacom Superrugby-reeks, terwyl die opsies wat hy uitoefen en sy aangeewerk óók die oog tref.

“Ek dink nie ek het vanjaar enigiets anders in die Super-reeks gedoen nie. Ek het eenvoudig net gehou by my doelwit om te geniet wat ek doen en om sonder vrees te speel,” sê Groom.

“Terselfdertyd put ek trots daaruit om die regte besluite te neem. Dís waaruit my selfvertroue en strewe om aan te hou verbeter voortspruit.”

Dis nie per toeval dat die span deur die bank beter skop nie.

“Ons werk hard aan ons skopwerk en jy besef dán hoe belangrik dit is,” sê Groom.

“Ek voel nou baie gemakliker wanneer ek skop en dink ek leer toenemend om in daardie opsig die regte opsies uit te oefen. Ek het nou baie meer selfvertroue.”

Nietemin is Groom se grootste sterkpunt waarskynlik sy sielkundige ingesteldheid. Sy oorkoepelende doelwit is om met ‘n glimlag en lied in sy hart te speel.

“Vir my is die sleutel om te geniet wat ek doen, want daarmee saam kom daar goeie vertonings,” sê hy. “Dis ongelooflik om vir die DHL WP en Stormers te kan uitdraf en ‘n mens moet nooit perspektief daarop verloor nie.”

Groom se strewe om met ‘n glimlag te speel, dui beslis nie op ‘n gebrek aan ambisie nie. “Ek wil eenvoudig tot my volle potensiaal speel in vanjaar se Curriebeker-reeks. Ek wil uiters akkuraat in my aanvallende spel wees en deel vorm van ‘n span wat ons na die volgende vlak neem. My doelwit in die Curriebeker is om geweldig ambisieus te wees,” sê hy.

Groom sien kenmerke in die huidige WP-span aan die een wat die Curriebeker in 2012 in Durban teen die Haaie gaan verower het.

“Hier is geweldig baie talent en yslike potensiaal.

“As ‘n span baie hard werk, homself geniet en die spelers mekaar goed leer ken, is ‘n trofee binne sy bereik. Ons sal egter uiters fiks, ambisieus en ‘n hegte span móét wees om die soort rugby te speel wat ons in die vooruitsig stel,” sê hy.

Groom meen spelers het op persoonlike vlak baie gegroei in ‘n uitdagende veldtog in die Super-reeks, terwyl die span ingekoop het op die plan om ‘n meer aanvallende speelstyl te vestig.

“Ons het ons oefenmetodes en dinge waarop klem gelê het aangepas,” sê hy.

“Daar is ‘n fyn lyn tussen aanvallende rugby en sommer net doen wat jy wil op die veld. Ek dink aanvallende rugby móét gesetel wees in goeie vaardighede en slim taktiese spel. Mense moet dit nie interpreteer dat jy sonder struktuur speel nie.”

Intussen sal Groom aanhou om ook stimulasie van die veld af te soek. ‘Of my groei nou akademies of persoonlik van aard is, glo ek dit sal my binne die rugbyopset en óók vir die lewe daarna tot voordeel strek. Ek wil die lewe geniet en soveel moontlik langs die pad leer. Ek was gelukkig om te kan studeer en het dit baie geniet.

“Ons is eerstens mense en dan rugbyspelers. Ek het ‘n doel op aarde en probeer om die meeste te maak van die geleentheid wat ek gegun is.”

Groom was nog altyd lief vir die buitelewe. Ter illustrasie: Hierdie onderhoud is gevoer op ‘n koue wintersdag waar hy ‘n oog oor die branders gaan gooi het. Hy geniet dit om elke nou en dan op ‘n branderplank te klim.

“Ek is mal daaroor om buite te wees – of ek strand toe gaan, bergklim, gholf speel of bloot net vir Demetri Catrakilis in putt-putt klop” sê hy. “Ek laat nie toe dat enigiets my terug hou nie.”

Lelona thuba eli lika Nic Groom

Kukho ithuba emzantsi Afrika ngenjongo yokufumana iscrumhalf esisezingeni lamaqhawe afana noJoost van der Westhuizen noFourie du Preez.

Banintsi abasezamile kodwa bakhubeka endleleni kodwa idyongwana enguNic Groom ayoyiki uba ngomnye wabazozama ukuzenzela igama eNewlands ngenjongo yokufikelela kwiqela lesizwe ngenye imini.

Inde indlele esuka eDale College ukuyofika eRondebosch Boys’ High naseUniversity of Cape Town kwaye yinto emkhuthazayo lowakwa Groom ukuba angoyika ukuzithelekisa namaqhawe ombhoxo.

Kwintsuku zangoku abadlali abanintsi bafika indlela eya ematla ilula kodwa lowakwa Groom bekufuneka atyuduse ahambe onke amangqanaba ukuze azibonakalise.
uGroom wazazisa embhoxweni kwiVarsity Cup phambikoba anikwe ithuba kumaqela asezantsi kwiWestern Province.

Nalapho uGroom wagqama kuze khe kufike ithuba lakhe kwiqela leVodacom Cup phambi koba adlale umdlalo wakhe wokuqala kwindebe yeCurrie Cup ngo2012 ukonyukela wade wafikelela kwiSuper Rugby.

Umbhoxo uzizela lula kuGroom kwaye nokungoyiki ukuzithelekisa namadoda amakhulu kuye xha ithuba livela, yenye yezinto ezenza lo wakwa Groom agqame.

Indebe yeCurrie Cup yalonyaka lelona thuba lika Groom ukuba abethelele indawo yakhe kwi qela leWestern Province ne leStormers ngenjongo yoba iphupho lwakhe lode adlalela iSpringboks lakufezeka kungekudalanga.

DHL Western Province Matchday Magazine